Monday 9 April 2012

Sommer Net

Die laaste paar jare blog ek... in my kop, in my hart, in my slaap ... in my drome... Maar ek blog nie waar ek moet nie.  So, toe vat ek maar die groot sprong.   Niemand hoef dit te lees nie... dit is vir my of vir whatever.  Hierdie blog gaan nie suiwer afrikaans wees nie... so taal freaks wees gewaarsku.

Wie is ek..... Ek weet nie altyd self nie.  Ek is veertig... (UGHHH - sou wou jok daaroor maar wat sal dit my nou help).  Redelik emosioneel - alhoewel die jare my darem 'n bietjie meer prakties gemaak het.  Ek het nog altyd 'n liefde vir skryf gehad maar die jare as ma-wees, werk om kop bo water te hou het die skryfwerk ver agtertoe geskuif.  Ek mis dit.  Het baie jare terug 'n kinderboek gepubliseer en begin werk aan nog maar.... nou ja... dit is presies waar dit nogsteeds is.   Ek is mal oor lees.   Ek is mal oor games... ja glo dit of jy wil of nie.  Miskien is dit 'n manier om my kop binne stil te hou as ek hidden object of adventures games speel.  Voel soms skuldig daaroor en het die laaste ruk probeer om minder my vrye tyd voor games deur te bring (maar kry dit nie altyd reg nie..) 

Ek sukkel soms (eintlik heelwat) om positief te bly.  Dit is 'n baie moeilik ding as mens in 'n klein Afrika dorpie in 'n ander land bly.  Die Afrikaanse gemeenskap is maar redelik tipies - klein dorpie mentaliteit.... vir die wat nie weet nie.... iets het nog nie eers gebeur nie dan weet die hele gemeenskap dit al en het almal dit al deurgepraat - sonder om eers seker te maak van die regte feite in die storie... Vriende is net jou vriende as hulle by jou is..... en ek haat onopregtheid... was nog nooit "tipies" nie...en ongelukkig vir my is ek een wat gewoonlik reguit in die leeuhok inloop om die leeu te konfronteer.  So het ek my kop al hart gestamp hier. 

Ek is ook nie een wat 'n glimlaggie op my gesig plak en vra hoe gaan dit as ek weet dieselfde persoon voor my het net nou nou heelwat te sê gehad agter my rug van my nie.  Dit is hoe dit is... vat my of los my....vir wie en wat ek is...

Voel baie keer asof ek in 'n tronk is hier. Ek bedoel dit regtig nie as onchristelik nie maar soms wonder ek of God nie ons vergeet het hier nie... of die klank nie ver genoeg trek tot by sy oor nie.

Dan is ek ma van twee. 
14 jarige tienermeisiekind... oor wie ek soms van trots gaan oorloop en soms gal gaan braak.  Maar dit is seker maar wat mens met tieners doen?  Sy is hardwerkend  (nie in die huis met "chores" nie maar met haar skoolwerk wel).  Ek is so trots op haar (is nie huidiglik vies vir haar nie)  en weet sy is 'n awesome kind.  Sy is 'n staatmaker en elke onderwyser by die skool laasweek (parent teachers conference)  het oorgeloop met komplimente vir haar. 

En my 7 Jarige seunskind.  'n Bondel energie wat net nooit leegloop nie.  Hy is 'n buite die boks kind.  Was nog altyd.. my gene loop redelik sterk in hom.  Het altyd gespot hy is my blinde sambok.  As ek so na hom kyk is ek genadig bly dat ek redelik heel grootgeword het.  (dit sal ook seker nog uitkom dat heel 'n relatiewe begrip is.)  Ook hy het baie komplimente gekry by die onderwysers.  Hy is hiper intelligent... maar 'n bietjie bossy (seker a g v die ouer suster).  En soos ek vroeër gesê het... buite die boks... expect die unexpected... altyd.   En net sodra jy dink sy is hom een voor sit hy vir jou ore aan.

En ook my man... ons was gister 17 jaar getroud.  Ken hom van standerd 6 af.   (het al 'n baie harde stresvolle pad saamgeloop)  Die lewe het dit nie maklik gemaak vir ons nie en ons is talle kere al lelik ingeloop omdat ons gedink het ons kan mense vertrou.  Hy is 'n goeie en opregte man.  Ek het al baie keer gedink daaroor.  Hy is die beste man vir my.  Hou my op die aarde - balanseer die skaal mooi uit.  Glo my... ons kan baklei - ek is 'n ram en hy 'n skerpioen.. nie dat ek my aan sterre tekens steur nie.  Maar die simboliek daaragter is wraggies waar.  Ons kan baklei dat die hare waai.  Altwee eerste kinders... altwee dikkop...  Ons is 98% gelukkig getroud.  Dit is meer as wat baie ander mense kan sê.  Eintlik moet ek sê dat ek my lewe nie sonder hom kan indink nie.  Ek het hom regtig diep lief.  Het al baie gedink ... die vroue wat hulle mans verloor - dink nie ek sal ooit weer kan hou van iemand anders nie. Hy is my beste vriend.. al vir jare (soms my grootste vyand ha ha).   En hy is myne. 

Nou ja, hierdie is ten minste 'n begin.  Die plan is om gereeld te skryf.  Maar of ek daarby gaan uitkom of nie.. sal maar moet sien.  Wil regtig graag.   As iemand iets wil vra.. julle is welkom.   As julle nie wil nie ... is dit ook fine.

Slaaptyd...

No comments:

Post a Comment