Tuesday 17 April 2012

A Blessing

Can I Carry You?

© Brad Anderson
I guess that I can hold you
one more time before you grow.
And tell you that I love you
so that you will always know.
Please let me tie your shoe again.
One day you'll tie your own.
And when you think back to this time
I hope it's love I've shown.
Can I help you put your coat on?
Can I please cut up your meat?
Can I pull you in the wagon?
Can I pick you out a treat?
One day you might just care for me,
so let me care for you.
I want to be a part
of every little thing you do.
Tonight could I please wash your hair?
Can I put toys in the bath?
Can I help you count your small ten toes
before I teach you math?
Before you join a baseball team
can I pitch you one more ball?
And one more time can I stand near
to make sure you don't fall?
Let's take another space-ship ride
Up to the Planet Zoor.
Before our Cardboard Rocket
doesn't fit us anymore.
Please let me help you up the hill.
while you're still too small to climb.
And let me read you stories
while you're young and have the time.
I know the day will come
when you will do these things alone.
Will you recall the shoulder rides
and all the balls we've thrown?
I want you to grow stronger
than your Dad could ever be.
And when you find success
there will be no soul more proud than me.
So will you let me carry you?
One day you'll walk alone.
I cannot bear to miss one day
from now until untill you've grown
Is hierdie nie so treffend nie. Het dit op die internet gekry by www.familyfriendpoems.com/poem.  Soveel mense wens die dae om, wens tyd om, maar as dit eers weg is kry mens dit nooit terug nie.  So... gee nou daardie drukkie, glimlag want dalk net dalk kry mens nie weer die geleentheid nie.  Kinders is 'n wonderlike geskenk en tog is daar kinders wat nog nooit die woorde gehoor het van hulle ouers af dat hulle lief is vir hulle nie.   Kinders wat nie eers weet wie is hulle ouers nie.  Kinders wat nie gevra het om gebore te word nie.  Ek is so bevoorreg om altwee my kinders nog by my te hê en altwee is so liefdevol.  Ons is 'n hegte - naby gesin. 
Ons het 'n soortgelyke beeldjie in ons huis - net van swart seepsteen.. en dit is vir my so wonderlike simboliek van ons gesin.. die harde werk wat daarin gaan, die gladde afwerking.  Ek loop gereeld deur die huis en streel met my hande daaroor.  Dit is so koel en glad tussen my hande veral in die hitte van die dag is dit 'n lafenis. 
Dan dink ek ook aan die man in Zimbabwe wat dit gemaak het.  Dae en dae se werk net sodat die toeriste dit moet afstry om dit so goedkoop moontlik te kry.  En die man doen dit om te sorg vir sy familie, sy gesin.  En in Zimbabwe kry mense geweldig swaar.  Die dag toe ons dit gekoop het het ek vir hom vertel hoe kunstig hy is, hoe wonderlik sy beelde is - en ek het elke woord bedoel. Hy het die wonderlikste beelde daar gehad.  Ek het ook nie gekibbel oor die prys nie want ek het geweet dit is kos en skool en blygeld vir hom.  Ons was saam met 'n groot toergroep mense en van die ander toerlede was mislik en het gestry oor alles. Self neerhalend met die man gepraat.  Toe ons verder ry hardloop hy toe agter ons aan en gee vir elkeen van my kinders 'n klein seepsteen beeldjie VERNIET.   Dit was vir my absoluut kosbaar.  Dit was 'n opregte geskenk - uit die hart uit.  Altwee die beeldjies het 'n ereplek in my huis want dit is vir my simbolies van opreg gee.  Ons het almal so baie maar ons weet nie regtig hoe om te GEE nie.  Ek wou betaal daarvoor maar hy het geweier om geld vir dit te vat.   

No comments:

Post a Comment